By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Dalein Agriplan en Dalein Plaasbou

Dalein Heyl het die Dalein groep in 1976 begin. Sy eerste veevoeraanleg was vir eie gebruik en in 1992 het hy en sy seun Lohan Heyl sy aanleg begin bemark vanwaar Dalein Agriplan in 1994 gestig is. Die aanvraag het onmiddellik gegroei en tans het Dalein Agriplan al 70 veevoereenhede in die Suid-Afrika en elders in Afrika opgerig. 

Dalein Agriplan spesialiseer in die ontwerp, vervaardiging en oprigting van verskeie modelle modulêre voermeulens, met ‘n uitset van 3 tot 30 ton per uur. Verder bou hulle rou materiaal hantering- en verwerkingsfasiliteite in Suid-Afrika  Mosambiek, Swaziland, Zambië, Zimbabwe en so vêr as Ethiopië, Ruanda, Uganda en Ghana. 

Die wêreldklas Dalein produkte kom met merkwaardige na-verkope diens en ondersteuning. Vrugbare kliënteverhoudings is hulle sentrale filosofie. Kom boer vooruit met Dalein Agriplan.

Dalein Plaasbou is nog ‘n vleuel van die Dalein Groep wat Dalein Heyl in 1976 begin het. Hulle spesialiseer in die ontwerp, vervaardiging en invoer van varktoerusting. Verder verskaf hulle ook strukture en doelgemaakte produkte vir die landboubedryf. 

Dalein Plaasbou is die pionier-maatskappy van die Groep. Top kwaliteit toerusting word ingevoer en self vervaardig om die langslewendheid van kliënte se boerderye te optimaliseer. 

Die Dalein tegniese agtergrond, 3D ontwerpkantoor, werkswinkels en ondersteuning van die suster-maatskappye, bied ‘n bestendige platform om professionele hulp aan boere te verseker. Min firmas het 40 jaar se ondervinding in die varkbedryf agter die rug. 

Dalein Plaasbou werk verder ook met passie om saam met hulle kliënte sukses te bereik.
Kontaknommer:012 819 8500
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site