By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Die Cavalier Groep

Die Cavalier Groep met hoofkantoor in Cullinan is waarskynlik een van die enigste ten volle geintegreerde waardekettings in rooivleis ter wêreld. 

Veldpersoneel skakel daagliks met veeprodusente dwarsoor Suid-Afrika om vee te werf vir die Cavalier Groep. Jong vee word eers in die Cavalier voerkraal afgerond, terwyl vee wat markgereed is, direk na een van die Cavalier abattoirs versend word. 

Beide abattoirs voer in ‘n hoogs moderne ontbeen- en verpakkingsaanleg in, waar rakgereed produkte vir ‘n toonaangewende Suid-Afrikaanse supermark verpak word. 

Die feit dat kwaliteit vanaf die plaas tot op die rak in een soomlose aksie bestuur word en dat alle verslagting, ontbening en verpakking onder een dak geskied, stel Cavalier in staat om ‘n produk van ongeëwenaarde kwaliteit te verseker. 
Kontaknommer:082 564 2085
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site