By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Die Koöperasie

Die Koöperasie op Humansdorp is ‘n toonaangewende landboubesigheid met ‘n sterk waardesisteem wat bedryf word volgens gesonde ekonomiese beginsels. Produkte en dienste word gelewer oor ‘n reuse omgewing aan suiwel, sitrus, sagtevrugte, skaap, volstruis, pynappel- en saaiboere. 

Hulle verskaf ‘n wye reeks insette aan die landbou – volledige handelstakke, landboukundige dienste, ‘n pale-aanleg, kunsmis, veevoervervaardiging, silo’s, veeverhandeling, wapens en ammunisie en besproeiingsdienste asook unieke finansieringsopsies. 

Uitmuntende kliëntediens met die doelwit om die winsgewendheid van die produsente op ‘n volhoubare basis te verseker – is die Koöperasie se hoofdoelwitte. 

Die Koöperasie – ‘n eenstop landbouwinkel, tot almal se beskikking met unieke finansieringsopsies.
Kontaknommer:042 007 0012
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site