By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

FarmRanger

FarmRanger maak Vee-sekuriteitshalsbande vir skape, beeste, perde, boerbokke en Angoras. Dit gee ‘n alarm met GPS posisie op die gebruiker se selfoon in die geval van diefstal, asook tydens aanvalle deur roofdiere of rondloperhonde.

Die onderneming het in 1999 begin toe ‘n skaapboer van Caledon, Philip Lötter, besluit het om ‘n bekostigbare en effektiewe diefstalalarm vir skape te ontwikkel. Oor die jare het die onderneming en die produk geleidelik gegroei. Vandag het FarmRanger byna 2000 kliënte, met vervaardiging en deurlopende ontwikkeling wat in Stellenbosch gedoen word.

FarmRanger is goed gevestig en betroubaar. Daar is ‘n slimfoon “app” beskikbaar wat jou kudde se mees onlangse posisie, asook beweging tydens ’n alarm, aandui op ’n Google kaart. Dit waarsku ook die eienaar as daar ’n probleem met die halsband is. 

FarmRanger - ‘n enkele halsband is gewoonlik voldoende per kudde. 
Kontaknommer:028 212 3346
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site