By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

FarmTrack

FarmTrack het in 2012 in Stellenbosch ontstaan toe hulle navrae gekry het van boere wat wou seker maak dat gewas-toedienings reg gedoen word en dat trekkerbestuurders nie rye mis tydens spuit nie.

FarmTrack is 'n GPS opspoor-eenheid wat op die trekker gemonteer word.  Posisie en ander inligting word elke 2 sekondes na 'n sentrale databasis via die selfoonnetwerk gestuur.  Die boer kan in reële tyd op sy rekenaar, tablet of selfoon, sien of sy trekkerbestuurders al die rye en teen die regte spoed spuit.  Boere kry baie ekstra inligting ook hieruit byvoorbeeld oortyd en oneffektiewe posisionering van diesel-volmaakpunte.

FarmTrack is ontwikkel deur Etse Electronics, met 20 jaar ondervinding in militêre-, ruimte- en boerderyprodukte. Hulle het die hardeware en sagteware self ontwikkel en kan dus boere se insette implimenteer.

FarmTrack stel kliënte in staat om hul opbrengste en effektiwiteit te verbeter.  Sommige boere het al van hul trekkers verkoop, omdat effektiwiteit soveel verbeter het.
Kontaknommer:021 880 1163
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site