By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Farmix

Farmix is 'n veevoermaatskappy en is in 1998 gestig deur boere in die Bloemfontein gemeenskap. Ons kuier by hulle nuutste kliënte “Ougat” boerdery wat ‘n hoender- en skaap boerdery begin het. (Pouse…) Tegniese bystand en advies word hier nogal gewaardeer. Ja-nee… die sukses van hulle kliënte, hoe klein ook al, is van die hoogste belang by Farmix.

As 'n veevoer produsent is dit vir Farmix uiters belangrik om 'n hoë gehalte voer te produseer en daarom volg hulle 'n streng kwaliteitsprogram om die hoë gehalte en akkuraatheid in alle produkte in stand te hou. Saam met dit alles, streef hulle daarna om die produk so bekostigbaar as moontlik te voorsien. Daar word in sakke en massa verskaf.

Kliëntediens is by Farmix net so belangrik. Tegniese advies, inligting en bykomende hulpbron-ondersteuning is altyd beskikbaar tot voordeel van die kliënt op die lang duur. Hulle hele produkreeks word altyd eers getoets op hulle eie plaas.

Farmix se voerprodukte sluit in voere vir lê-hoenders, braaikuikens, kalwers, beeste, melkkoeie, varke, skaap en lammers. Spesiale rantsoene kan op versoek vervaardig word.

Farmix produkte word verskaf by talle kooperasies regoor die Vrystaat area. Vra gerus jou plaaslike tak vir Farmix produkte of kontak hulle verkoopsverteenwoordiger direk. 
Farmix - "Van die boer vir die boer" gekoppel aan ongeëwenaarde tegniese advies.

Farmix stap saam met hulle kliënte die toekoms in...
Kontaknommer:051 433 4044
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site