By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Hinterland

Hinterland, die landbou en verbruikers-goedere winkel, se hoofkantoor is in die buitewyke van Klerksdorp asook een van hulle eerste groot takke – vandaar ook die naam - Hinterland.

Die winkelgroep is gestig tussen Senwes en Afgri se kleinhandelsbesigheid 3 jaar gelede, in Mei 2013. 

Hinterland is ’n landbou-handelsmaatskappy gebou op tradisionele waardes en gedryf deur innoverende oplossings. Landbouprodusente en ander klante word deur ‘n goed gevestigde infrastruktuur, direkte bemarkers, kundigheid, en ‘n omvattende reeks produkte en dienste bedien.

Geografies geposisioneer om die meerderheid van die Suid-Afrikaanse somergraanproduksiegebied te bedien, vorm Hinterland se 63 handelstakke ‘n voetspoor in ses provinsies, naamlik: Gauteng, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Noord-Kaap, Noordwes en die Vrystaat.

Hinterland se slagspreuk, "Waar alle paaie bymekaarkom", word versinnebeeld in die belofte van 'n inkopie-kuierervaring en 'n een-stop-winkel waar jy al jou tuinbou-, hardeware-, wapen-, besproeiing-, doen-dit-self, landbou- en buitelewebenodighede en -dienste onder een dak kry. Dis ’n ware een-stop winkel vir beide die produsent en die verbruiker. Almal is welkom. Met uitstekende na-verkope diens, gerugsteun deur bekende, goeie handelsmerke, is Hinterland se winkels beslis ’n besoek werd.

Hinterland – Waar alle paaie bymekaar kom. Besoek gerus hulle webwerf vir meer inligting.
Kontaknommer:018 464 7570
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site