By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Hortec

Hortec staan vir Hortologiese Tegnologie.  Met die een been in die wetenskaplike wêreld en die ander in die praktiese toepassingswêreld, bied hulle oplossings vir die landbousektor.  Hortec mik altyd om op die voorpunt van tegnologie te wees binne die kliëntekring waar hulle ‘n diens lewer.

Hortec bied vrugkwaliteit bestuurdienste wat deel vorm van presisie-boerdery. Hulle weerstasie en sagteware kom met ‘n weervoorspelling spesifiek vir jou plaas. Dis kompleet met waarskuwings teen byvoorbeeld ryp en vol bestuursmodelle teen plantsiektes. Teen insekte het Hortec daggrade modelle vir stinkbesies, Kodling motte, en meer.

Die pestisied residu laboratorium bied kliënte vinnige resultate en uitgebreide lang lyste van chemikalieë waarvoor getoets word, soos vereis deur Departement Landbou en ook Hortec se internasionale kliënte.

Hortec – prakties toepaslike wetenskap vir die landbou.
Kontaknommer:021 851 1044
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site