By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Houers Kooperatief

Houers Koӧperatief vervaardig kartonverpakking vir die landbou. Nadat groot druk op verpakkingkostes in die Sitrusbedryf in die laat 70’s geheers het, het Sitrusprodusente in 1982 initiatief geneem en die Koӧperasie gestig in Letsitele. Besigheid het kort daarna uitgebrei na ander sektore van die landbou. Tans word elke moontlike sektor van lanbou bedien in hoofsaaklik Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en ook so vêr as Zimbabwe en Swaziland.

Die besigheid is gefundeer op drie beginsels: 
Gehalte produk met integriteit.
Prys kompeterende produkte.
En gehalte diens.

Die besigheid is ’n Koӧperasie, wat beteken dat die Aandeelhouers ook die Koper is. Die onderneming beywer hom om die produsent “op die plaas te hou”. Dit is gefokus op landbou en dus aanpasbaar by seisonale siklusse en vereistes.

Papier word aangekoop van twee groot Suid-Afrikaanse verskaffers. Riffelkartonne word vervaardig en hoofsaaklik aan die landbou gelewer. ‘n Belangrike deel van die onderneming is die ontwikkeling van kartonne wat aan die spesifieke behoefte van die produsent voldoen. Die grootste volume van kartonne wat hier vervaardig word, word uiteindelik aangewend vir die verpakking van produkte vir buitelandse markte.
Die fabriek het ook onlangs begin met die sny en lewering van vrugte-toedraai-papier wat aan produsente gelewer word en gebruik word om vrugte toe te draai vir spesiale markte, byvoorbeeld die Midde-Ooste.

Houers Koӧperatief in Letsitele – “Gehalte Kartonne vir die Landbou.”
Kontaknommer:015 345 8100
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site