By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Ivory Macadamias

Ivory Macadamias is 'n familiebesigheid en doen die verharding, verwerking en bemarking van makadamias, plaaslik en internasionaal. Hulle verwerk hul eie makadamias sowel as dié van buite-produsente.

Die makadamias word óf verpak as neut in die dop en uitgevoer na China of verwerk na die kern en uitgevoer na lande en streke soos die VSA en Europa. Hulle het selfs macadamias na Australië uitgevoer (die oorspronklike tuiste van die makadamia). 

Ivory Macadamias het 'n noue samewerking met ‘Macadamia Marketing International’ - die wêreld se grootste enkele verskaffer van makadamia neute, wat help om te verseker dat hulle makadamias altyd 'n koper kry.

Produsente kan betroubaarheid, eerlikheid, deursigtigheid en top pryse vir hul produkte verwag, ongeag hul grootte. Hulle kliënte kan kwaliteit teen plaaslike pryse verwag.
Kontaknommer:083 238 6419
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site