Jooste Suier & Pomp Maatskappy
Jooste Suier & Pomp Maatskappy vervaardig en voorsien windpomp boorgat-silinders en ander bykomstige toerusting, hoofsaaklik aan die landboumark in Suid-Afrika en Namibië. Die ontwikkelling van die revolusionêre Jooste Hand Pomp maak hulle 'n sleutelspeler in die voorsiening van "drinkwater vir almal" regoor Afrika.
Die Jooste boorgat-silinder is die eerste boorgatsilinder ter wêreld wat vervaardig word uit die nuutste materiale soos Vlekvrye staal, Poliëtileen en Poliuretaan.
Na meer as 125 000 boorgat-silinderverkope het die Jooste naam sinoniem geword met gehalte, betroubaarheid, pomp-doeltreffendheid en uitstekende diens.
Jooste Suier & Pomp Maatskappy het verskeie toekennings ontvang vir hulle ontwerpe en belê voortdurend in Navorsing en Ontwikkeling van nuwe produkte.