By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Jupidex

Jupidex in Pietermaritzburg is ‘n markleier in die voorsiening van gespesialiseerde landbou-implemente van die wêreld se voorste handelsname. 

Jupidex beskik oor ‘n uitgebreide handelaarsnetwerk wat meer as negentig verkoopspunte net in Suid-Afrika insluit, en kan  meer as ‘n honderd gehalteprodukte aan feitlik die hele Afrika voorsien. 

Hulle bied ‘n betroubare naverkoopdiens en ‘n waarborg op die volledige produkreeks, wat implemente vir grondvoorbereiding en -bewerking,  saai, sproei, strooi, hooimaak en beweiding insluit, sowel as sleep-snymasjiene met inbegrip van handelsname soos onder meer Kverneland, Andreoli, McHale, AMB-Rousset, Alpler en Celikel. 

Jupidex se professionele span ondersteun kliënte deur flink dienslewering, tegniese advies en die doeltreffende verskaffing van egte onderdele regdeur Suidelike Afrika. Dié onderdele ewenaar die aanvanklike onderdele in gehalte, sekuriteit en gebruiksduur. 

Die maatskappy is ook ‘n leier in innovering insake die vereistes en uitdagings wat die landbou van die toekoms inhou. Jupidex brei steeds uit, en bied aan die landbouers van Afrika die voordeel van keuse sonder twyfel vir absolute gemoedsrus. 
Kontaknommer:033 386 3574
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site