By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Kole Staalwerke

Kole Staalwerke in Villiers lewer hoofsaaklik diens aan die landbousektor. Hulle doen enige herstelwerk aan landboutoerusting en vervaardig ook ‘n groot reeks landbou-implemente.

Hulle inventaris sluit in waens, kuilvoerlaaiers, tipwaens, Rolmoere, Landrollers, Landskawwe, Saadbed-voorbereiders, Tussenryskoffels en vele meer. Verder vervaardig Kole Staalwerke ook implemente op spesiale versoek vir die kliënt, om by sy spesifieke behoeftes aan te pas.

“Villiers Bearings” is die onderdele-vertakking van  Kole Staalwerke , wat al die onderdele-bestellings hanteer en ook direk aan die eindverbruiker voorsien. Hulle dra ‘n wye reeks onderdele wat boere gedurig benodig.

Kole Staalwerke lewer nie net kwaliteit produkte en na-verkope diens nie, hulle diens, doeltreffendheid en persoonlike aandag is daar vir jou gemoedsrus.

Kole Staalwerke en Villiers Bearings – sedert 1997 die boere se vriend op Villiers.
Adres:Villiers
Kontaknommer:058 821 2010 /11 /12
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site