By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Konsortium-Merino

Die Konsortium-span se passie en entoesiasme vir hul Merino's is aansteeklik. Vermeng dit met ‘n deurdagte besigheidsplan, toewyding en integriteit en jy besef gou hier is ‘n wenresep aan die broei. Hierdie groep het visie. Hulle fokus op die verbetering van die Konsortium-Merinotipe, en die uitbouing van hul handelsmerk om groei en goeie geld vir almal in die Konsortium-familie te verseker.

Die Konsortium-Merinotelers is besig met die teling van die ideale dubbeldoel-Merino, wat vrugbaar is en landwyd aanpas. Dat hulle op die regte pad is, word deur hulle boerderysyfers, tevrede kopers en ‘n landswye aanvraag na hulle gladdelyf-Merino bevestig.
Kontaknommer:082 321 3233
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site