By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Mac Machines

Mac Machines het in 2004 al in Tzaneen begin en hier in Nelspruit bied hulle net so ‘n wye reeks produkte aan om boere te help met die verwerking van hulle oeste.

Mac Machines CC vervaardig alle staalverwante toerusting en konsentreer hoofsaaklik op Macadamia boerdery toerusting en ook Atchar- en Sitrustoerusting. Hulle voorraad masjienerie vervat ‘n wye spektrum – toerusting vir avokado-boerderye, tot by masjiene vir kunsmis-toediening.

Mac Machines is trots op hulle vinnige diens en spits hulle toe om net sulke goeie na-verkope diens te lewer.

Net die beste rou materiale word gebruik en hul vakmanskap en afronding spreek boekdele.

Mac Machines sal jou vriendelik help. Besoek sommer hulle fabriek by 19 D Bulpin Straat in Nelspruit se industriële area en kry diens en produkte pasgemaak vir jou doeleindes.
Kontaknommer:082 851 1557
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site