By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Malu Pork

Die naam Malu, is bloot ‘n samevoeging van twee vanne – Malherbe en Lubbe. Malu besit twee plase – Malu Matlabane tussen Bloemhof en Christiana en Malu Pax, so 30 kilometer buite Kimberley. Dan natuurlik Malu Abattoir en die MALU Pork verwerkingsaanleg in Kimberley se industriële area.

Malu se Abattoir en vleisverwerkingsaanleg lewer varkvleis in grootmaat aan die vernaamste Supermarkgroepe en slaghuise, terwyl hulle plase natuurlik hoofsaaklik varkboerdery in alle fassette bedryf.

Malu het ‘n groot verskeidenheid produkte wat wissel vanaf vol varkkarkasse tot primêre varksnitte soos boud, blad, heelrib, lendeskyf, skenkel en pootjies. Meeste van die snitte is ook in ontbeende vorm beskikbaar.

By die plase is daar ‘n geweldige groot klem op higiëne en voedselveiligheid om te verseker dat die verbruiker altyd die beste en veiligste vleis kan geniet. Alle voer word ook in MALU se eie voeraanleg vervaardig. MALU plaas ‘n hoë premie op volhoubare produksie en daarom word alle afval benut vir kompos waarmee mielies bemes word.

Malu wil graag ‘n verwagting by hulle kliënte skep van onverbeterlike diens en gehalte. Hierdie verwagting van die kliënt moet oortref word en die kliënt moet ook ‘n gevoel van tevredenheid hê na afloop van ‘n transaksie met Malu. 

Die Malu verskil lê in hulle geïntegreerde waardeketting - vanaf mieliesaaiery tot die voeraanleg en die vleisverwerking.  Dit stel hulle in staat om meer beheer te hê oor die volle produksieproses, dus kan Malu konstant produkte van uitsonderlike gehalte aan hulle gewaardeerde kliënte lewer.

MALU is vandag die grootste produsent van varkvleis in die Noord-Kaap en Vrystaat. MALU se groei het gelei tot ‘n uiteenlopende groep maatskappye wat betrokke is by primêre landbou om van die beste en gesondste varkvleis in Suid-Afrika te produseer.

Malu se klem op kwaliteit is te sien in byvoorbeeld die feit dat die vleisinspeksies deur 'n onafhanklike maatskappy gedoen word. Dit is 'n baie deeglike proses. Elke enkele karkas word ondersoek en gaan deur verskeie kontrole-prosesse om seker te maak hulle is geskik vir menslike verbruik.

Sodra die inspeksie gedoen is, word die karkasse gegradeer en word almal 'n strepieskode Identiteit en tatoeërmerk gegee, om seker te maak dat elke karkas na sy oorsprong opspoorbaar is.

Malu is 'n familiebesigheid en hulle glo in familiewaardes wanneer dit kom by besigheidsetiek. Hulle volg 'n vertikale integrasie sakemodel deur alle produksieprosesse, waar waarde in elke stadium van die produksie by produkte gevoeg word. Hulle doelwit is eenvoudig - kwaliteit, kwaliteit en nogmaals kwaliteit! Malu pas hierdie beginsel toe by al die besighede en plaas 'n uiters hoë premie op klante-tevredenheid.
Kontaknommer:053 833 7499
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site