By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Marolien Boerdery

Marolien Boerdery is ‘n tonnelkwekery, agttien kilo’s van Krugersdorp en twaalf kilo’s van Randfontein af op Plot 92, plaas Brandvlei op die N14. 

Marolien BOERDERY kweek en voer vars kruie en groente, hoofsaaklik baba-wortels, uit na Europa en Brittanje, en voorsien ook plaaslike verpakkers en kleinhandelaars daarmee. 

Wat kruie betref,  spesialiseer hulle in die kweek van grasuie, basiliekruid, tiemie, roosmaryn,  kruisement en nog vele ander.

Marolien Boerdery produseer ook ‘n verskeidenheid produkte vir plaaslike voorsieners van gereed-om-te-eet produkte soos Woolworths en ander supermarkte.

Marolien Boerdery se arbeidsintensiewe boerdery is ‘n voorsiener van werksgeleenthede, en hulle produkte voldoen aan die hoogste gehalte- en veiligheidstandaarde. 

Marolien Boerdery is die grootste kweker van vars kruie in Suid-Afrika en die enigste kruieplaas wat elke jaar sedert 2001 volgehoue kruie-uitvoere aan Europa en Brittanje lewer. 
Adres:Krugersdorp
Kontaknommer:081 555 4472
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site