By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Multi Green

Multi Green op Villiers, vermeng en versprei presisie mengsel kunsmis.  Hulle doen ontledings op grond vanwaar bepaal word presies watter samestelling kunsmis die grond nodig het en meng dit dan daarvolgens.  Verder lewer hulle ook ‘n hele spektrum landboukundige dienste.

Wat 10 jaar gelede begin het met ‘n klein mengertjie op ‘n sleepwa agter Bernard Richter se bakkie, is vandag ‘n aanleg met vaste mengers, korrelmengers en ‘n volle ge-outimatiseerde menger, waarop hulle baie trots is. Deel van hulle opset sluit ook ’n vloeibare meng-aanleg in. So voorsien Multi Green lag-lag aan die boere se benodigdhede.

Multi Green werk eties, presies en korrek. Hulle meng presies wat jou grond nodig het en verseker vir jou top gehalte goeie oeste – dit alles teen uiters mededingende pryse.

By Multi Green word kliënte vriende en Bernard en sy span agente ry nog steeds sy bakkie – enige afstand – maar deesdae sonder die menger op ‘n sleepwa.

Multi Green – die wetenskaplike benadering tot presissie kunsmismengsels.
Adres:Villiers
Kontaknommer:083 293 2198
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site