By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Pieterse Pekan Industrie

Pieterse Pekan Industrie in Hartswater is die trotse vervaardigers van Pekan, sowel as Makadamianeut-boom oestoerusting. 

In 1998 het Franco Pieterse ‘n ondersoek sending na die VSA onderneem en is blootgestel aan die Amerikaanse Pekanneut Industrie. Met sy terugkeer het hy ‘n verskeidenheid produkte ontwikkel vir ons eie Pekanneutboere. 

Na 18 jaar van navorsing en ontwikkeling van talle prototipes is Pieterse Pekan Industrie  trots op ‘n wye verskeidenheid plaaslike produkte wat beproef en getoets is met wêreldklas prestasie en betroubaarheid. Vakmanskap en netheid word gewaarborg as gevolg van die hoë tegnologie plasma-toerusting wat gebruik word.

Die Pieterse produkte word ontwikkel in samewerking met AMB-Rousset Frankryk en bewys in Afrika, waar die werksomstandighede van die moeilikste in die bedryf is. Dus kan hulle met volle vertroue die produkte aan die res van die wêreld bied. 

PPI bied boonop ook meganiese boordsnoei kontrakteurdienste aan. “We lead the way for the rest to follow.”

Kontaknommer:053 474 0671
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site