By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Platorand Lugbespuiting en Platorand Aviation Services

Platorand Lugbespuiting en Platorand Aviation Services op Middelburg voorsien ‘n uitgebreide reeks dienste deur middel van hulle landbouvliegtuigvloot. 

Dit sluit in oesbespuiting op gewasse soos mielies, aartappels en sojabone, die strooi van kunsmis en saai van sade. 

Hulle doen instandhouding en herstelwerk aan vliegtuie by hul goed-toegeruste werkswinkel, en verkoop Avgas en Jet A1 vliegtuigbrandstof sowel as vliegtuig-olies.

Platorand kan ook brandbeheer in plantasies doen, die uitroei van onkruid soos waterriete, en take wat verband hou met grootwild, soos die uitdun van troppe en toedien van slaapmiddel om diere te vervoer.

Die geheim van Platorand Lugbespuiting en Platorand Aviation Services se sukses, is hulle toewyding en  flinke en volgehoue dienslewering, selfs na ure.
Kontaknommer:083 625 3495 / 082 800 2243
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site