By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

RSA Grain Storage Solutions

RSA Grain Storage Solutions buite Heilbron, spesialiseer in die vervaardiging van enige vorm van graan en water opberging vir die klein kommersiële boer asook koöperasies. Hulle bedryf projekte in Brandfort en Lydenburg. Die maatskappy is op klein skaal in die vroëe 90’s begin. Die huidige direkteure het die produkkonsep se potensiaal raakgesien en die maatskappy verder gevat.

RSA Grain Storage Solutions maak kwaliteit produkte wat funksioneel en bekostigbaar is. Hulle streef na ‘n lang verhouding met kliënte en lê klem daarop dat al die produkte ook verbruikers-vriendelik is. 

Die RSA produkte is redelik uniek want dit word volgens kliënte se unieke behoeftes aangepas en gemaak. Die volle produksie vind onder een dak plaas, wat die insetkoste laag hou en die prys dus ook billik maak vir die boere.

Buiten graandamme, awegare, graan-bunkers, en staalstore, vervaardig RSA ook PVC produkte soos trokseile, swembadseile, lapagordyne, en meer. Dan bou hulle ook sinkdamme vir wateropberging en veehantering-strukture.

RSA Grain Storage Solutions – praktiese, koste effektiewe boerdery oplossings. Kontak hulle gerus.

Adres:Heilbron
Kontaknommer:082 573 7069
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site