By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Rhebokskloof

Rhebokskloof Wynlandgoed is geleë teen die hange van Paarlberg in die pragtige Paarl Vallei, slegs 40 kilometer vanaf Kaapstad.

Kom proe die unieke ‘terroir’ van hulle geheime vallei waar internasionaal bekroonde wyne gemaak word deur hulle visionêre wynmaker, Rolanie Lotz.

Rhebokskloof spog met Chef Caro Zunckel se unieke spyskaart en hulle beroemde pieknieks.  Beleef die troue van jou drome hier, met eindelose foto-opsies, heerlike spyskaartkeuses, professionele diens, die Vivi Day Spa en vyf bergfietsroetes van 40 kilometer in totaal.  

Rhebokskloof is ook ’n uiters gewilde konferensiebestemming vir vanaf 10 tot 400 mense.

Rhebokskloof bied nou ‘n eenglasgrootte, hoë kwaliteit wyn in 187 ml verpakking – Vir mense met ‘n passie vir die buitelug. 
Kontaknommer:021 869 8386
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site