By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Riccor Boerdery

Sowat 40 km buite Ermelo kry jy Riccor Boerdery waar Corrie de Vos met Charolais beeste boer. Hier teel hy Charolais beeste van hoogstaande gehalte vir die stoetbedryf. Bulle word ook aan kommersiële boere voorsien vir die produksie van speenkalwers.

Riccor gebruik slegs die beste plaaslike genetika om top kwaliteit diere te produseer. Hulle gebruik ook top Franse en Engelse genetika om op die voorpunt van die stoetbedryf te bly.

Riccor het al verskeie kere die hoogste gemiddelde prys vir bulle behaal tydens die Nasionale Veiling in Kroonstad.

Die Charolais is vanjaar 50 jaar in Suid-Afrika en die ras het perfek aangepas onder Suid-Afrikaanse toestande en presteer regoor Suid-Afrika asook in Namibië en Botswana. Corrie is juis die president van die Charolais Genootskap in Suid-Afrika.
 
Riccor Boerdery bedryf reeds sedert 1997 ‘n gemengde boerdery wat mielies, sojabone, suikerbone en oulandsgrasbale insluit. Saam met die Charolais-stoet is daar ook die Hereford-stoet en kommersiële koeie vir speenkalfproduksie. Die SA vleismerino’s vir slaglamproduksie voltooi die veevertakking.

Riccor Boerdery – die beste Charolais genetika sal jy hier kry.
Kontaknommer:082 388 3008
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site