By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Ruggedwear

Ruggedwear op Nelspruit is vervaardigers en verspreiders, beide  nasionaal en internasionaal, van ‘n wye reeks stylvolle buitelug- en avontuurdrag vir vroue en mans. 

Ruggedwear klerasie word deur Sonqoba Workers Co-operative vervaardig. Hulle is deur Ruggedwear opgelei in die vaardighede van kleremaak, en is almal aandeelhouers. Ruggedwear en Sonqoba het ‘n simbiotiese verhouding waardeur die maatskappy roumateriale lewer en die koöperasie die voltooide produk teen gehaltestandaarde voorsien. 

Die Ruggedwear visie is om uiteindelik drie honderd voltydse werksgeleenthede vir plaaslike mense in stand te hou. 

Ruggedwear se hoë gehalte produkte is 100% trots Suid-Afrikaans, en word teen mededingende pryse aangebied. Vir gemak en duursaamheid word dit deur Jan Alleman verkies, sowel as sommige van die bekendste privaat lodges in die land as deel van hulle uniform.

Ruggedwear bied ook ‘n wye reeks bybehore. Dié wat taai moet wees, dra Ruggedwear!
Adres:Nelspruit
Kontaknommer:076 721 6188
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site