By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

SA Organic Farming

SA Organic Farming op Delmas vervaardig en lewer organies ontwikkelde produkte landwyd af. Dié produkte word verpil vir gebruik in tuine, landerye en rehabilitasie van myngrond.

Die kompos-, grasbedekking- en potgrondprodukte van SA Organic Farming is “groen’’, reukloos en vry van onkruid en chemikalieë. 

Dit bevat hulle eie unieke produk Soil Moist, wat water absorbeer en stadig in die grond vrylaat. Soil Moist is spesifiek ontwikkel om die gebruik van water en bemestingstowwe te verminder -  ideaal vir waterbeperkings en in die lig van bemestingspryse. Soil Moist kan tot drie jaar in grond bly werk. 

Dis maklik om te gebruik; dit word eenvoudig direk ingemeng met grond en dis dit! Produkte word in verskeie sakgroottes en in losmaat verkoop, en is regdeur die jaar vir aflewering beskikbaar. Die sterk sakke skeur nie maklik nie en kan herhaaldelik gebruik word. 

Hulle produkte is by uitgesoekte kwekerye of direk by SA Organic Farming beskikbaar ~  besoek gerus hulle webwerf. 
Kontaknommer:013 665 3932
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site