By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

SGS Precison Farming Services

SGS is ‘n internasionale maatskappy met die hoofkantoor in Geneve en verskeie besigheidslyne waarvan Landbou een is. SGS Precison Farming Services in Suider-Afrika is ‘n span Landboukundiges en Geografiese inligting spesialiste wat boere adviseer met ‘n gemeenskaplike doel en dit is om volhoubaarheid te verbeter. Hulle inkomste word slegs gegenereer uit adviesdienste.

Die verbintenis met SGS gee Precison Farming Services, toegang tot al die nuutste en mees gevorderde tegnologie en kundigheid wêreldwyd waarby die Suid-Afrikaanse boer die volgende voordele kan trek. 

Grond-chemiese analises: Grondmonsters word geneem op ’n ruitpatroon en vandaar word presisieboerdery kaarte opgestel om variasie in nutriëntstatus van grond uit te wys. 

Kunsmis – en Kalkbemestings-programme vir verskillende gewasse word dan ook geskryf vanaf die inligting.

Konsultasiedienste: Gewasinspeksies word deur die groeiseisoen gedoen waar plante geinspekteer word vir tekort-simptome, siektes ensovoorts. Intydse aanbevelings en veranderde strategie kan gevolglik ’n boer se opbrengs-resultate gedurende die seisoen verander.
Precision Gateway: ‘n Sagteware pakket wat ontwikkel is vir boere deur landboukundiges. Dit is ‘n “cloud based web application” wat boere permanent in kontak plaas met al sy data vir akkurater inligting en om te help met sy bestuur van gewasproduksie deur die seisoen. 

Verder gebruik  SGS Precison Farming Services ‘n hommeltuig om oor gewasse te vlieg om sodoende NDVI- en Optiese beelde op 2K resolusie vas te vang.

SGS Precison Farming Services – jou onafhanklike vennoot wat die pad hand aan hand met die boer stap vir beter  volhoubaarheid.
Adres:Potchefstroom
Kontaknommer:018 285 7000
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site