By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Sak ‘n Pak

Die Fuls familie Gerhard, Vivia en Braam het in November 2003 hulle besigheid met die naam Sak ‘n Pak geregistreer, en in Februarie 2004 begin handeldryf. Dit het gekom na deeglike beplanning, en Braam wat 2 jaar in Engeland op plase gaan werk het om kapitaal bymekaar te maak. 

SAK ‘N PAK ontwerp en vervaardig polipropeleensakke vir die landbou-, nywerheid-, vervoer- en mynbousektore. Dit sluit in enige sak van 5kg tot 1.5 ton met 4-kleur drukwerk daarop – alles volgens kliëntebehoeftes.

SAK ‘N PAK waarborg ‘n produk van hoë gehalte, vriendelike diens en tydige aflewering en kliënte skakel direk met die eienaars. 

SAK ‘N PAK spesialiseer ook in kleiner hoeveelhede wat kleinsake-ondernemings in staat stel om hulle onderskeie markte te betree, sonder om groot hoeveelhede voorraad te dra.
Kontaknommer:014 592 2473
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site