By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Trekland

Trekland op Balfour is ‘n familiebesigheid en bestaan reeds vanaf 1991. Hulle behartig die verkope, naverkoopdiens en herstel van ‘n wye reeks landbou-implemente.

Trekland se produktereeks omvat trekkers, stropers, kuilvoerkerwers en hooitoerusting en alle produkte wat deur die boer gebruik word. Die handelsname sluit in Claas, Stara-spuite en kunsmisstrooiers, Jupidex implemente reeks, Hardi-spuite, DBX-planters en Geringhoff. Hulle het ook ‘n tweede besigheid, Balfour Landini, wat insluit Landini en McCormick trekkers en Fella hooitoerusting.

Trekland se goed toegeruste onderdele-afdeling het altyd die korrekte  items in voorraad.  Trekland diens en versien  die grootste hoeveelheid Kerwers in die land. Hulle tegnici is opgelei in Duitsland by Claas op die hele produktereeks. Hulle lewer ‘n 24-uur diens gedurende kuilvoerseisoen.

Trekland besef dat elke kliënt unieke behoeftes het. Hulle glo daarin om vetrouensbande met hulle kliënte te handhaaf. Daarom word elke kliënt se behoeftes eers by Trekland geanaliseer voordat daar aanbevelings gemaak word. 

Trekland is ‘n familiebesigheid wat oor deeglike ondervinding en grondige kennis beskik. Trekland se kliënte ontvang  altyd uitmuntende  diens en ondersteuning met persoonlik aandag, en kan staatmaak op gehalteprodukte.

Trekland op Balfour is trots op sy stewige reputasie en gesonde kliëntebetrekkinge, en bedank sy kliënte vir hulle volgehoue lojaliteit. 
Kontaknommer:017 773 0263/4
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site