By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Tulanie Abattoir

Tulanie Abattoir is in Fortunastraat, in die industriële gebied van Viljoenskroon, twee kilo’s buite die dorp geleë. 
Tulanie Abattoir is ‘n trotse leweransier van egte ‘free range’ braaihoenders.  Hulle hoender bevat geen roetine antibiotika, waterinspuitings of groeihormone nie.  Dis een honderd persent hoendervleis, gesond en van uitstaande gehalte. 

Behalwe heel hoender, verpakte dye, vlerkies,  borsstukke, boudjies en fillette, voorsien Tulanie ook verwerkte produkte soos kaaswors, frikkadelle, maalvleis, sosaties, wors, cocktail wings, patties, cordon bleu, gevulde hoenderrolle, schnitzels, flatties, krummelrepies en vele meer. 

Die besigheid word deur die eienaars self bestuur, wat toesien dat kwaliteit nie ingeboet word vir kwantiteit nie. Elke hoenderproduk word met sorg verwerk en verpak.  Tulanie lewer die bestellings vars of gevries af, afhangende van die kliënt se behoeftes. 

Tulanie Abattoir – net kwaliteit hoendervleis!
Adres:Viljoenskroon
Kontaknommer:056 343 1727
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site