By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Tzaneng Treated Timbers

Tzaneng Treated Timbers is een van vier sustersmaatskappye – wat almal te doen het met hout en bosbou in die Tzaneen omgewing. Dit is oorspronklik ’n familiebesigheid wat nou deur die 2de generasie bestuur en besit word.

Die “Limpopo Forestry Company”  is die bosbou-afdeling waar die rou materiaal gekweek word. 

Tzaleba is die ontginningsbesigheid wat die bome kap en logistieke dienste verrig soos die vervoer van rou materiaal na die aanleg toe.

By “Tzaneng Treated Timbers” word die hout verwerk, behandel en waarde toegevoeg...

En Timberg hanteer die Bemarking, Projekbestuur en Uitvoere van die houtprodukte...

Tzaneng Treated Timbers” is die hart van die groep besighede waar waarde bygevoeg word tot die hout. Die aanleg vervaardig onder andere top kwaliteit behandelde pale vir die gebruik in die Elektriese en Telekommunikasie sektore. Behandeling van pale sluit in Kreosoot en CCA behandeling. Die aanleg kan ongeveer 12,000 kubieke meters pale van verskillende lengtes en diameters per maand behandel. 

Verder handhaaf hulle ook die hoogste standaard in die algehele administrasie en kommunikasie binne die maatskappye asook veiligheid-standaarde vir werknemers en logistieke dienste.

Tzaneng is trots op hulle produkte wat voldoen aan alle SABS standaarde - gerugsteun met ‘n 25-jaar waarborg. Hulle volg ook ’n ISO 9001 geakkrediteerde kwaliteitstelsel. 

Terwyl hulle produksiefasiliteite sterk bande met die plaaslike gemeenskappe gevestig het, is Tzaneng 'n globale leier in die wêreldwye markte wat hulle bedien, wat insluit die res van Afrika, die Midde-Ooste en Wes-Europa

“Tzaneng Treated Timbers” – Leiers in die lewering van top kwaliteit houtpale, plaaslik en internasionaal.
Kontaknommer:015 307 7469
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site