By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

United Seeds

United Seeds in Moreletapark lewer sedert 2005 saad van hoë gehalte aan die landboumark. Hulle spesialiseer in saadteling en saadproduksie en bied kwaliteit en betroubare mielie- en sojaboonsaad aan hulle kliënte. 

United Seeds se mielie-kultivars word in Suid- Afrika geteel en geproduseer vir plaaslike klimaatstoestande, met die klem op opbrengs en droogtebestandheid. 

United Seeds se meerkoppige US 9610 konvensionele geelmielie is een van die mees wyd aangepaste en bestendige kultivars. Wenner van verskeie strookproewe die laaste vyf jaar oor die hele saaigebied. 

United Seeds se hulpvaardige, professionele telers en bemarkers is altyd beskikbaar om vrae te beantwoord oor die maatskappy se produkte en diens. 

Jare van ondervinding in die saadbedryf, het aan United Seeds die reputasie van beste klein saadprodusent in Suid-Afrika besorg. 

As jong maatskappy, is die doelwit van United Seeds om aan hul kliënte vriendelike en professionele diens en saad van hoogstaande gehalte te lewer. 
Kontaknommer:083 230 8444
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site