By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Valley Irrigation

Valley Irrigation Of Southern Africa op Nigel is ‘n leier in presisiebesproeiing deur middel van gemeganiseerde besproeiingstelsels. Ons kontinent se groeiende bevolking het voedsel nodig, en Valley Irrigation staan aan die voorpunt om in vandag se behoeftes en  dié van die toekoms te help voorsien. 

Valley Irrigation het in 1946 ontstaan naby die dorpie Valley in die Amerikaanse staat Nebraska. Valley is sedert die jare sewentig betrokke in Suider Afrika; sy vervaardigingsaanleg in Nigel het in 1999 tot stand gekom, en van hier af word Valley-produkte aan Sub-Sahara Afrika voorsien. 

Valley Irrigation ontwikkel die mees betroubare, duursame en gefokusde  produkte en dienste om die sukses van landbouproduksie te verseker. Die maatskappy se produktereeks staan bekend vir die groot aantal toekennings wat dit verower het.

Valley Irrigation behartig die opmeet, beplanning, voorsiening en nasorg van spilpunte, liniëre stelsels, hoekstelsels en verwante toerusting, om gewasse so effektief moontlik te kan besproei. 

Sodoende word maksimale produksie bereik terwyl Suid-Afrika se kosbare waterhulpbronne terselfdertyd beskerm en nie oorbenut word nie.

Valley Irrigation of Southern Africa voorsien sy kliënte van die beste gehalte produkte gerugsteun deur ‘n doeltreffende, opgeleide handelaarsnetwerk wat kliënte bedien met innoverende oplossings vir elke unieke toepassing, nou en in die toekoms.

Elke kliënt, hoe klein of groot ook al, word met dieselfde toewyding en integriteit bedien met die mees gevorderde tegnologie en nasorgdiens. Die Valley handelsmerk word wêreldwyd erken as die leier in verkope, diens, gehalte en innovering van spilpunte en verwante toerusting.

Hierdie leierskapposisie word gedemonstreer deur Valley Irrigation se bykans twee honderd duisend stelsels wêreldwyd, wat sowat  tien miljoen hektaar besproei, en ondersteun word deur ‘n handelaarsnetwerk van sowat vier honderd handelaars. 
Kontaknommer:010 350 0050
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site