By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

3C Transport

18 kilometer buite Piet Retief op die Steenkoppies plaas langs die Pongola pad, is 3C transport. Die drie “C’s” staan vir die drie Coetzee’s (Pa en 2 seuns) wat hulle transportsaak al sedert 2004 bedryf.

Wat met net een trok begin is, het vandag gegroei tot ’n maatskappy om op trots te wees. 3C Transport spesialiseer in die vervoer van hout, kunsmis, mielies en Chroom. Geen vrag is te groot of te klein nie.

Kliënte kan by 3C uitstekende diens verwag. Hulle groei is te danke aan baie goeie kommunikasie tussen die kantoor en kliënte. Goedere word altyd op tyd opgelaai en afgelewer en spesiale versoeke word met ‘n glimlag geinkorporeer.

Die nuutste tegnologie word aangewend om hulle vloot te monitor. 3C Transport streef elke oomblik, om die maatskappy en hulle diens nog verder te verbeter, na gelang van die kliënte se verwagtinge en behoeftes.

3C Transport – stiptelik, betrokke en tot u diens!
Adres:Piet Retief
Kontaknommer:087 808 1661
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site