By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Alberanté BMW

Gerieflik geleë langs die N12 by die Voortrekker afrit in Alberton, is Alberanté BMW. Dis die grootste BMW fasiliteit in die suidelike halfrond en selfs die uitleg en ontwerp van die 100% groen-standaard gebou, het al vir hulle pryse gewen. Ja-nee, hier is prima die standaard. Die 5-ster handelaarskap spog natuurlik nie net met die futuristiese gebou en BMW motors nie – hulle verkoop ook net die beste kliëntediens op alle vlakke.

Alberanté BMW is 'n eenstopwinkel, die grootste fasiliteit, met alles onder een dak. Dit sluit in: nuwe motors met die volle BMW diensplan, gebruikte motors met ‘n volle BMW ondersteunings-waarborg, die goedgekeurde bakwerk herstelsentrum wat jou motor herstel dat dit voel of daar nooit iets fout was nie, die uitmuntende onderdele- afdeling wat ook BMW leefstylitems verkoop, ‘n Volledige BMW finansiële dienste afdeling…En ‘n inbelsentrum by “0860 Accident” wat 24 uur per dag gereed staan om jou te kom help…

Alberanté BMW is bekend vir die deeglik opgeleide tegnici van hulle herstelsentrum. Die manne hou hulle naam so hoog dat Alberanté onlangs beloon is met ‘n toekenning van BMW-SA.


Jy kan gerus by Albertanté BMW kom kuier – die handelaarskap is in private besit en sterk familiewaardes geld hier. Kliënte is op die ou end vriende. Vir die afgelope 30 jaar het hulle op alle vlakke net die beste voorsien en hulle vier hulle 30ste bestaansjaar met die leuse: “30 years of turning dreamers into drivers.”

Alberanté BMW – topklas op alle gebiede.
Kontaknommer:011 861 8000
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site