By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Atlas Truck Centre

Atlas Truck Centre (Pty) Ltd in Pomona, Kempton Park, is die amptelike handelaar in gebruikte voertuie van die AFRIT Groep wat oor meer as veertig jaar ervaring in die vervoerbedryf beskik.

Atlas Truck Centre koop en verkoop  ‘n verskeidenheid van gebruikte vragmotors, sleepwaens, aanleg en toerusting.

Atlas Truck Centre behartig alle tipes transaksies, van volledige vlootinruil tot individuele voertuie. Hulle bied ‘n wye reeks gehalteprodukte, waaronder vragmotors van alle groottes, ouderdomme en fabrikate. Dit sluit in tenkwaens, losser-, platdek-, valkant en tippervragmotors, plus sleepwaens vir alle toepassings soos motor- en bevroreprodukte-vervoer.

Atlas se sustermaatskappy op dieselde terrein, Phuma Rentals, verhuur sleepwaens op beide kort- en langtermyn. So kan ‘n kontrak se winsgewendheid getoets word voordat jy jou tot ‘n groot kapitale uitleg verbind. Met die verskeidenheid waens kan jy  enige tipe huur, wat jou die buigsaamheid bied om by markbehoeftes in te pas.

By  Atlas Truck Centre ondergaan elke vragmotor en sleepwa, sowel as alle aanleg en toerusting, ‘n omvattende en gedetailleerde toets- en inspeksieproses voordat dit verkoop of verhuur word, om absoluut seker te maak dat dit  betroubaar is en optimale werkverrigting vir die kliënt bied.

Gevorderde diagnostiese en herstelgereedskap word deur opgeleide en ervare personeel gebruik om alle produkte te versien en in puik kondisie te hou.

Atlas Truck Centre lewer ‘n professionele en koste-effektiewe diens aan sy gewaardeerde kliënte, wat bystand met finansiering insluit. Jou gemoedsrus is verseker met enige van hulle produkte omdat Atlas Truck Centre die tevredenheid van kliënte altyd voorop stel. 
Kontaknommer:011 894 4000
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site