By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Auto House Piet Retief

Skuins oorkant die NG Kerk staan Auto House Piet Retief – jou agent vir Chevrolet, Opel en Isuzu. 

Die garage staan al van 1945 hier en die huidige eienaar het in 2003 oorgeneem. Hulle beskou hulself nie as “handelaars” nie – hulle is mense, nes hulle kliënte.

Buiten die verkoop van topklas motors en trokke, is hulle diensafdeling ten volle toegerus met al die nuutste tegnologie. Auto House Piet Retief se onderdele-afdeling het alles vir Chevrolet, Opel en Isuzu in voorraad.

Auto House Piet Retief is vriendelike, hulpvaardige mense. Hulle loop daardie ekstra myl om hulle kliënte gelukkig te hou. Kliënte word hier op die ou end, lewenslange vriende.

Geen taak is te groot of klein nie – jy sal dieselfde aandag en diens kry vir ‘n geringe probleempie ook. Hulle hoogs gekwalifiseerde personeel staan gereed vir enige probleem wat mag opduik.

Auto House Piet Retief – hulle “kan dit doen” houding, is tot jou voordeel.
Adres:Piet Retief
Kontaknommer:017 826 2321
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site