By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Autocon Innovations

Autocon Innovations in Rosslyn-Oos, Pretoria, is in 2008 gestig as 'n “one-stop-shop” vir volledige outomatisering en materiaalhantering. Hulle vervul 'n groeiende behoefte in die bedryf vir outomatiese materiaalhantering-stelsels en die ontwikkeling van spesiale doelmatige masjiene vir die Suid-Afrikaanse ekonomie.  

Autocon is 'n oorspronklike toerusting-vervaardigingoplossings-verskaffer vir die motorvervaardiging-sektor. Hulle wêreldklas produksielyne en 'n onophoudelike dryfkrag tot innoverende oplossings in nuwe sektore, het hulle plofbare groei besorg in die outomatiseringsbedryf.

Die Autocon kliëntlys is indrukwekkend - BMW Vervaardiging, die Ford motormaatskappy, Rand Refinery, National Brands en die Anglo-groep.

Met hulle in-huis vervaardiging en ontwerp, is hulle besig om uit te brei na verskeie nywerhede - motor, kos en drank, mynbou en minerale, krag, asook yster en staalproduksie.

Met Autocon Innovations - is die toekoms nou.
Kontaknommer:012 541 1926
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site