By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Bak-Con-Mat

Bak-Con-Mat is ’n nuwe been van ‘n familiebesigheid wat in 1993 begin is. Hulle vervaardig rubbermatte alleenlik van nuwe vervoerband materiaal vir die kommersiële voertuigmark in Suider Afrika. Bak-Con-Mat produkte word reeds deur die meeste nuwe motorhandelaars versprei.

Met Bak-Con-Mat kan jy verseker wees dat die betroubare produk sy doel sal dien, naamlik die beskerming en lewensverlenging van jou voertuie se laaibakke. Behalwe al die ander verbruikers sal boere beslis by die produk kan baat vind. 

“As jy wil lekker laai. Beeste, skape, selfs 'n kraai. Kry 'n Bak-Con-Mat, hy's taai.”

Bak-Con-Mat lewer ’n sterk duursame en goed ontwerpte produk, gekoppel aan goeie, vriendelike diens en mededingende pryse.

Bak-Con-Mat – “Laai jy swaar goed op jou trok? Die Bak-Con-Mat absorbeer die skok!” 
Kontaknommer:012 817 2130
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site