By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Bosch Car Service & Renew My Car South Africa

Bosch Car Service en Renew My Car South Africa voorsien ‘n eenstopdiens om motors te herstel en weer spinternuut te laat lyk. Met dié innoverende diens word alles onder een dak gedoen, en meestal in een dag voltooi. 

Bosch Car Service beskik oor ‘n professionele werkswinkelnetwerk waar diagnostiese toetse uitgevoer word, en  versiening, instandhouding en diens verrig word. 

Bosch word al vir drie opeenvolgende jare, 2017 tot 2019, onder die wêreld se Top 10 mees betroubare maatskappye gereken. 

Renew My Car verrig herstelwerk om die resultate van kleiner stampe te herstel, en maak duike, skrape  en krapmerke reg sodat jou motor weer nuut lyk. 

Dié uitstekende reëling spaar jou tyd en geld, en bied gerief omdat jy nie met paneelkloppers hoef te sukkel nie. Terwyl skrape en duike verwyder word, word jou motor deur ‘n deelnemende Bosch werkswinkel gediens. Alles op dieselfdde plek. 

Bosch Car Service

Bosch Car Service in Hatfield, Pretoria, is deel van ‘n landwye netwerk Bosch dienssentrums met meer as 148 professionele werkswinkels regdeur Suid-Afrika. 
 
Bosch is wêreldbekend vir uitstekende vakmanskap, gehalte produkte en vriendelike diens. Hulle maak seker dat elke klant die werkswinkel verlaat in die wete dat hul voertuig die hoogste kaliber diens ondergaan het.

Bosch se deskundige tegnici spesialiseer in die pofessionele herstel, versiening en instandhouding van alle fabrikate en modelle voertuie. Hulle span gevorderde diagnostiese toerusting in vir fout-speuring, en monteer egte Bosch-onderdele wat standaard met ‘n 12-maande waarborg kom. 
  
Elke Bosch dienssentrum is goed toegerus vir vinnige en doeltreffence aandag aan batterye, bande en wielbalansering, asook vir foutspeuring op ‘n voertuig se elektriese stelsel en die herstel daarvan. 

Bosch staan verder bekend as deskundiges in die diagnose en herstel van stuurwiel-, vering- en koppelaarprobleme, enjin-oorverhitting, brandstof-, olie- en waterlekkasies en selfs vir die uitskakeling van geraas in byvoorbeeld die ewenaar of ratkas. 

Bosch diensentrums se nagaan en instandhouding van remme verseker volkome gemoedsrus. 

Bosch bied sy eie eksklusiewe Bosch Car Assist 24-uur pad-noodbystandsdiens. Klante wat R2 500 of meer aan ‘n diens bestee, ontvang gratis lidmaatskap vir ‘n jaar. Voordele behels onder meer ‘n insleepdiens. 

Veertig dieseldienssentrums dwarsdeur die land voorsien professionele en bekostigbare diesel-herstelwerk en dienste. Die dieselsentrums gebruik ook die jongste diagnostiese sagteware, brandstofinpuit-toets- en kalibrasie-toerusting om diesel-inspuitpompe te diens, hermonteer en op te knap ooreenkomstig die hoogste standaarde. 

Bosch Car Service beskik oor ‘n bewese reputasie vir staatmaker-vakmanskap, snelle en doeltreffende dienslewering, betroubare kwotasies en mededingende pryse. 
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site