By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Cairo Hersteldienste

Op die plaas genaamd Cairo, gelee halfpad tussen Sasolburg en Koppies, op die R82 hoofweg, is Cairo Hersteldienste. Hulle vorm deel van die Cairo Groep wat al vir 7 jaar ’n volwaardige Northmec handelaar in die Noord Vrystaat is. Hulle is ook vir die afgelope 3 jaar die verspreider van Horsch implemente.

Dis juis dit en die kennis van die produkte, wat bydra tot hulle topgehalte diens. Cairo Hersteldienste is veral trots op hulle uitstekende onderdele, naverkope-diens en deeglik opgeleide tegnici.

Cairo Hersteldienste verkoop en herstel alle Northmec produkte en besit die nodige kennis en toerusting om ’n boer se probleme vinnig op te los.
Kontaknommer:074 125 3099
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site