By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Clayville Truckers Junction

Clayville Truckers Junction in Olifantsfontein is ‘n veilige en gerieflike uitspanplek vir vragmotors en hul bestuurders. Die geplaveide parkeerarea sluit 28 parkeerplekke onder skadunette in.

Benewens die veilige parkering, bestaan die geriewe uit skoon ablusiefasiliteite met warm water, lekker kos by die kantien, ‘n “Tuck Shop” vir na-ure en diesel 24 uur per dag. 

Toegang tot Clayville Truckers Junction is maklik en vinnig vanaf hoofroetes soos die R21 en N1. Veiligheid word gehandhaaf deur  streng toegangsbeheer, ‘n elektriese heining met moniteringskameras en wagte wat 24 uur aan diens is, gesteun deur gewapende reaksie. 

Clayville Truckers Junction bied vragmotorbestuurders ‘n rustige slaapplek, warm stort en verversings. Hulle hoef nie bekommerd te wees oor diefstal van hul wiele, diesel, batterye of voorraad nie. 

Aan vlooteienaars bied Clayville Truckers Junction gemoedsrus in die wete dat die vragmotor veilig is solank dit op die perseel is en dat diesel teen ‘n billike prys aangebied word. 
Kontaknommer:084 777 4545
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site