By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Electro Diesel

Electro Diesel het 58 jaar se ondervinding, met hulle hoofkantoor in Rustenburg en takke in Steelpoort, Kathu en Johannesburg. Hulle kernbesigheid is Auto Elektriese onderdele en herstelwerk.

Hulle maak ook instrumentpanele en harnasse en het 'n vloot van meer as 30 velddiens-eenhede, om jou te help in enige noodgeval. Alle voertuie is ten volle toegerus met voorraad en die nodige onderdele en materiaal om enige noodgeval op te los.

Electro Diesel hou 'n wye verskeidenheid van aansitters, alternators, LED-beligting, batterye, Enjin-beskermingstelsels, botsing-vermydingstelsels en nog vele meer, in voorraad. Hulle is trots op hulle eie ingenieurswerkswinkel wat kliënte help met enige doelgemaakte produk met betrekking tot die bedryf.

Wat hulle verder onderskei, is hulle vermoë om wedersyds voordelige langtermyn-verhoudings te ontwikkel en in stand te hou. Hulle noem dit die "Electro Way of Life".

Electro Diesel - bekostigbare oplossings, toonaangewende handelsmerke, uitstekende diens, kort reaksietye, goeie verhoudings en aandag aan detail.
Kontaknommer:014 592 0634
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site