By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Enlink Freight Services

Enlink Freight Services is ‘n familiebesigheid wat in 2002 begin is sonder enige finansies of hulp van buite. Hulle bied ‘n oorgrens transportdiens na Namibië, Botswana, Swaziland en Lesotho en dis ‘n ware Een-Stop diens. 

Oor die afgelope 14 jaar, het Enlink gegroei van een ligte afleweringsvoertuig tot ‘n vloot, wat insluit ligte aflewerings-voertuie, paneelwaens, 8-ton vastebak-trokke met sleepwaens en 34-ton “Super Links.” 

Enlink doen oornag-aflewerings na al die genoemde lande se hoofstede, en ‘n 48 uur diens na ander stede toe. Hulle bied ook ‘n ekonomiese pakket van 3 tot 5 dae, maar slegs na Namibië. 

By Enlink het jy een rekening, maak nie saak waar jou vrag gaan nie. Dit sluit in uitstekende administrasie onder andere die hantering van uitvoer-dokumentasie en afleweringsbewyse en “Cloud Based” dokumentberging met kliënte-toegang. Enlink is ‘n geregistreerde klaringsagent in Suid-Afrika en Botswana.

Enlink Freight Services – Integriteit, eerlikheid, betroubaarheid en persoonlike diens. 
Kontaknommer:011 397 7773
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site