By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Fasfit Rustenburg

Fasfit Rustenburg loop al ’n pad as familiebesigheid in die bandebedryf sedert 1969. Met ’n tak in die middedorp en ’n Best Drive tak hier in Waterval, het jy letterlik alles om van te kies en te keur. 

Hulle doen bande – van motorfietse tot groot vragmotors. Van hulle bandreekse dra ook gratis waarborge. Fasfit Best Drive is die plek vir wielsporing, skokbrekers, remme, batterye en ‘mags’.

Hier kry jy net vriendelike en vinnige diens gelewer deur puik vakmanne. Hulle ervaring en toewyding is die rede vir Fasfit Best Drive se sukses. En moenie vergeet van die koffiewinkel op die perseel nie.

Fasfit Best Drive Rustenburg – Tyd is geld en hulle spaar jou albei.
Kontaknommer:014 592 9132/3/
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site