By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

GT Oil & Fuel

GT Oil & Fuel in Louis Trichardt is ‘n grootmaat verskaffer van diesel, petroleum, paraffien en olie aan klein en groot besighede. Hulle lewer ook verskeie petroleumdienste aan, onder meer, vulstasies, fabrieke, busdienste, vervoermaatskappye asook die landbousektor, wat omliggende plase en boerderye insluit. 

Hulle aflewerings strek oor ‘n wye radius in en om die Louis Trichardt-streek, en sluit onder andere Musina, Tshipise, Pontdrift, Alldays, Vivo, Waterpoort, Levubu, Sibasa en Giyani in. 

GT Oil & Fuel se brandstof is aan gereelde gehaltetoetsing onderhewig om te verseker dat hulle produkte ten alle tye aan die hoogste standaarde voldoen. Fisiese aflewering word deur ‘n sustermaatskappy, FBT Logistics, behartig, wat absolute betroubaarheid waarborg. 

Die maatskappy bied mededingende pryse en beskik oor ‘n trotse rekord van flinke diens

GT Oil and Fuel bied boonop ‘n doeltreffende  naverkoopdiens aan sy kliënte deur herstelwerk aan brandstoftoerusting te verrig wanneer en waar dit verlang word. 

Met agt-en-dertig jaar ervaring in die brandstof-verspreidingsbedryf en soliede ondersteuning deur die BF Petroleum-Groep, is GT Oil & Fuel bewese staatmakers in die voorsiening van diesel, petroleum, paraffien en olie in Louis Trichardt en omgewing. 
Kontaknommer:08600 GT OIL
Copyright © Ontbytsake 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site