By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Gearbox Centre

Gearbox Centre in Centurion is 'n familie-besigheid wat in 1979 klein begin het. Vandag het hulle gegroei tot 'n swaardiens kommersiële ratkas-herstel winkel.

Hulle doen deskundige herstelling van ratkaste, ewenaars en transmissiestelsels op alle soorte vragmotors, busse en grondverskuiwings-toerusting. 

Gearbox Centre se werkswinkel is ontwerp om 'n groot kapasiteit te kan hanteer weens die toenemende vraag na hulle dienste.

Gearbox Centre doen altyd kwaliteit werk met waarborge op al hulle produkte. Hulle goed opgeleide personeel kan die beste advies gee en die grootste voordeel is hulle mededingende pryse.

Hierdie familiebedryf fokus op persoonlike aandag aan elke kliënt en vinnige omdraaitye - wat jou minder verlore tyd op jou voertuie gee.

Gearbox Centre is die toonaangewende verskaffer van ratkaste aan 'n verskeidenheid vervoermaatskappye en hulle streef daarna om langdurige verhoudings met al hulle kliënte te handhaaf.
Kontaknommer:012 660 0230
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site