By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

LSR Plant & Truck Hire

By LSR Plant & Truck Hire kan jy topklas toerusting en trokke huur teen sakpaspryse. Dis ‘n familiebesigheid – LSR staan juis vir die Marx’e – Pa Leslie, sy seun Steven en dié se seun Reinhardt. Hier kan jy dus op betroubaarheid staatmaak.

Sedert 2012 toe hulle met een Trekker Laaigraaf en 1 trok begin het, het die besigheid aansienlik gegroei. Hulle is nou groot genoeg om die werk gedoen te kry, maar klein genoeg om goeie, betroubare diens te lewer.

Die toerusting wat hulle uithuur word in LSR se eie werkswinkel geinspekteer en gediens. Jy kan dus verseker wees dit sal werk en aanhou werk tot jou taak afgehandel is.

Buiten betroubare diens is LSR se na-verkope diens net so goed. As iets ingee sal hulle op terrein kom regmaak of vervang.

LSR Plant & Truck Hire – betroubare toerusting met persoonlike diens.
Kontaknommer:072 626 1897
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site