By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Loftus Vervoer

Loftus Vervoer op Louis Trichardt voorsien algemene vervoerdienste, behartig die verskuiwing van swaar masjinerie, en verhuur ook ‘n verskeidenheid van toerusting. 

Loftus Vervoer bedien roetes binne Suid-Afrika sowel as vanaf Suid-Afrika na Suider-Afrikaanse lande wat Botswana, Mosambiek, Zambië en Zimbabwe insluit. 

Loftus Vervoer bestaan al van 2001. Hulle het begin met algemene vervoer en die vervoer van vars produkte vanaf die Levubu-area na die Pretoria- en Johannesburg-markte. 

Verder doen hulle die vervoer van grondverskuiwingsmasjiene en doen ook trekke vir mense wat verhuis. 

Hulle het ‘n grondverkuiwingsmasjiene-been wat ontbosting doen en lande rip en voorberei. 

Loftus Vervoer bou ook damme en doen platforms vir nuwe konstruksiepersele. 

Hulle nuutste toevoeging is ‘n Chipper.  As boere boorde gesnoei het, word al die plantmateriaal versnipper en teruggeplaas in die boord wat ‘n goeie deklaag maak en grondgehalte verbeter. 
Kontaknommer:015 5161 950
Copyright © Ontbytsake 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site