By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Nkomazi Fuel and Oil

Nkomazi Fuel and Oil is een van die leiers in die brandstofbedryf met sy hoofkantoor in Nelspruit. 

Hulle het verskillende afdelings, onder andere vir grootmaat brandstof, vulstasies, brandstofvervoer, instandhouding van brandstoftenks en toerusting asook smeermiddel verspreiding en verkope.

Met takke in Malelane, Tonga, Barberton, Nelspruit, Hoedspruit, Ogies, Kathu, Durban, Pongola, Klerksdorp en Richardsbaai sowel as takke in Mosambiek in Maputo, Beira en Tete en nog takke wat beplan word vir die toekoms, is Nkomazi Fuel and Oil ’n naam om mee rekening te hou.

Nkomazi se topgehalte diens en toewyding aan hulle kliënte is wyd bekend – en dit alles saam met die uitstekende en mededingende pryse – sorg vir ‘n wenresep. Hulle Diens is hulle Trots.
Kontaknommer:013 752 2834
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site