By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Ovare

Die Ovare Elektriese Motor Maatskappy is deel van die Suid-Afrikaanse Loxton’s groep van maatskapye. Ovare voer ‘n wye reeks elektriese motors en waterpompe in, vir die gebruik in verskeie bedrywe soos onder andere, landbou, spyseniering, slaghuise asook in die vervaardiging van oorspronklike industriële toerusting. Verder verkoop Ovare ook die hele reeks grassnyers en tuintoerusting van Rolux, wat deel is van die Loxton’s Groep.

Die verskillende reekse elektriese motors en waterpompe is beskikbaar in beide enkelfase en drie-fase. Die waterpompe is ‘n nuwe deel van die Ovare produklyn en is beskikbaar in die mark sedert Januarie 2017.

Ovare bied uitstekende diens, kwaliteit en goeie pryse aan al hulle gewaardeerde kliënte, gekoppel met die beste tegniese advies.

Ovare Elektriese Motors  – 24 uur diens, topkwaliteit produkte en ‘n passie vir dienslewering – dwarsoor Suid-Afrika.
Kontaknommer:012 541 1136
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site